Vir jare lank was oom Eddie ons geliefde musiekmaker by ons Vrydagmarkie. Oom Eddie het in die laaste tyd gebuk gegaan onder gesondheid wat hom onder gekry het. Hy is op 17 November 2024 oorlede.
Oom Eddie se vrou Ansie was altyd saam met hom, wanneer hy ook klokslag vir haar Lucas Maree se Droomvrou gesing het.
Oom Eddie word diep gemis op ons markie waar jy gereeld hoor "ai, oom Eddie moes nou net hier wees".
Ons innige meegevoel en simpatie aan tannie Ansie met die groot verlies. Ons sal hom verewig mis, waar daar nou 'n groot leemte in ons markie en gemeenskap is.
Sy roudiens sal Saterdag, 23 November 2024 by die NG Kerk , Gansbaai om 12:00 plaasvind. Tee en verversings word aangebied by die NG Kerk se Kleinsaaltjie.
Lucas Maree – Droomvrou
EK SOEK NOU VIR JARE AL NA HAAR
MET ‘N HONGER HART WAT NET NIE WIL BEDAAR NIE
SY’T MY WAKKERWERELD SKOON DEURMEKAAR GEMAAK
DAN DROOM EK OOK NOG ELKE AAND VAN HAAR
SY’S ALTYD MET HAAR RUG NA MY GEDRAAI
HAAR GESIG HOU SY GEHEIM EN
HAAR NAAM DIE MOET EK RAAI
MAAR EK WEET EK KEN DIE MEISIE WAT DAAR STAAN
EN EK WENS EK KON NET NADER AAN HAAR GAAN
KOOR
HIERDIE IS ‘N LIEDJIE NET VIR JOU , DROOMVROU
EN EK SING DIT, JA EK SING DIT NET VIR JOU
EN EK HOOP AS JY DIT HOOR SAL JY ONTHOU, DROOMVROU
DAT EK JARE LANK GESOEK HET NET NA JOU
Comentarios