top of page

Ons Kerkraad - Nuwe Leierouderling

Riaan Booysen, ons nuutverkose leierouderling en sy vrou Judith is nie vreemdelinge in Gansbaai nie.

Alhoewel hy in Phillipi, die Wes-Kaap gebore en grootgeword het, besit hy en Judith reeds eiendom in De Kelders sedert 1989.

Sy eerste besoek aan Gansbaai was saam met sy ouers en sy suster Lidia, in 1968. Daarna het hy feitlik elke vakansie ons dorp besoek.

Hy het gedurende 1979 gematrikuleer by Zwaanswyk Hoërskool in Retreat.

Riaan het sy weermagopleiding in Kimberley, by Danie Theron gevegskool deurloop. Hy het ook verskeie weermagkampe en grensoperasies saam met die "Cape Town Highlanders" meegemaak.

Riaan het vir Judith ('n Maatskaplike werkster te Wynberg, CMR) by die Wynberg NGK ontmoet.

Hul is op 8 Oktober 1983 getroud.

Hul het twee seuns en twee kleinkinders, wie onderskeidelik in Australië en Kaapstad woon.


In die jare wat sou volg, na sy Weermag verpligtinge, het Riaan homself, as 'n Brigadier in die SAPD bekwaam.

Op 29 Feb 2016 het hy afgetree en homself besig gehou met verskeie projekte en opleidingsprogramme.

Hy het onder andere as opleidings konsultant, werk gedoen vir, IUCN (International Union Of Concervation and Nature) waarna hy hom op 1 Maart 2024, permanent by sy vrou Judith in De Kelders aangesluit het.

Behalwe hul betrokkenheid by die NGK Gansbaai,is hul ook aktief in ons gemeenskap betrokke by die Gideon bediening, Gansbaai pistoolklub, Badisa, Ikamva, Herberg Aan See en die SAPD se polisie forum.

Judith geniet quilt werk en Riaan hengel graag.

Hy vertel op n ligter noot dat hy homself as "Die Burgermeester" van De Kelders Plaat beskou. Daar het hy sedert sy kinderdae, BAIE visse gevang en perlemoen geduik.

Hul is baie lief vir diere en hul Goldenretriever "Duke" het 'n spesiale plek in hul huis en harte.


Ons wens Riaan en Judith baie geluk op die nuwe verantwoordelikheid en wens hulle alle voorspoed toe met die groot taak.

Gods Rykste Seën.

 
 
 

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
bottom of page