top of page

Saalsskerm Projek

20 hours ago
2 min read

Die eerste rondte is nou agter die rug met R 750 se vleishamper wat gewen is deur een van ons uitstallers, Allison Mothao, by ons Vrydagmarkie. Die trekking was deur Ds Rudiger gedoen en die wenner was op Ina Mulder se lys gewees. Baie dankie aan almal wat deelgeneem het.


Ons het nou ons tweede en laaste rondte geloots met 30 pryse met 'n totale pryswaarde van net oor R17,000.


Hierdie rondte word deur ons webblad bemark, wat dit ook 'n eerste van die soort in ons gemeente maak. Ons is baie opgewonde om die eind resultaat hiervan te sien. Op die manier bereik ons meer as net die gemeente, ons bereik ook persone en gemeenskappe in die buiteland en daar is geen "deur tot deur" verkope nie.


By nou glo ons almal het reeds die skakel ontvang vanaf hul kerkraadslid. Indien nie, hier volg die skakel. Klik net op hom en jy is reg om saam te speel.

As jy op die blad land, klik die "meer info" wat jou dan meer inligting gee aangaande die projek en pryse. Vandaar kilk op "kaartjies" blok, waarna die uitleg van die kaartjies sal oopmaak. Kies jou kaartjie deur op 'n nommer te klik wat dan sal verander van blou na wit. As jy meer as een wil koop, klik op "Add to Basket", hierna kan jy weer 'n nommer kies. jy kan tot 'n maksimum van 50 kaartjies koop, as jy wil. Hierna druk jy "checkout" waar jy dan jou besonderhede sal invul, klik "place Order", kies as jy met kaart betaal, vul jou kaartbesonderhede in, doen betaling, en keur die betaling goed deur jou bank en jy is klaar.


Skakel vir Tony op 082 801 5742 vir hulp, of doen 'n kontant transaksie by die kerk kantoor.


Die trekking word beplan vir 22 Desember 2026 11:00 by die Kersmark in die Pretoriussaal.

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
bottom of page