top of page

Seestrome - 80 jaar Feesuitgawe

Hierdie jaar November is die NG Kerk Gansbaai 80 jaar oud. In November 1944 het ons afgestig van die NG Gemeente Stanford af. Ons gemeente en gemeenskap se lewensaar is van die begin af, tot vandag toe nog, die see. Dit maak dat ons nie anders kan as om tot vandag toe nog steeds onsself tuis vind in ons gemeente visie: 'n Hawe van God se genade. Oor die afgelope 80 jaar skryf ons elkeen op hul eie manier, die verhaal van Gansbaai. Ons wil graag hierdie jaar 'n feesuitgawe van ons gemeenteblad, Seestrome, saamstel waarin ons juis fokus op stories uit die see. Hoe ons vissers die gemeenskap en gemeente help vorm het tot wie ons vandag is. Daarom nooi ons almal uit wat stories het uit die verlede om vir ons te kontak om dit self vir ons te skryf of selfs as iemand by jou moet kom sit en na jou storie luister, om dit namens jou te skryf. Kontak ons gerus.


Kontak ons asb. by die kerkkantoor of skakel Alanda: 028 384 0510



17 views0 comments

Comentarios

Obtuvo 0 de 5 estrellas.
Aún no hay calificaciones

Agrega una calificación
bottom of page